
=====================================================================
2 - Omgewingsbeleid in die nuwe Suidafrika
=====================================================================


2
OMGEWINGSBELEID IN DIE NUWE SUID-
AFRIKA


In hierdie verslag, het die ANC, COSATU, SAKP en SANCO ondersoek ingestel na metodes hoe om ons omgewing te beskerm.


Die apartheidsregering was oor die algemeen van mening dat omgewingsake meer gehandel het oor die beskerming van wilde diere as oor die toestande waarin mense in die swart woonbuurte gewoon het. Die beskerming van wilde diere is gebruik om swart mense van hul land te verskuif. Om di rede was baie swart mense gekant teen planne om die omgewing te beskerm.


Tydens die apartheidsbewind, was Suid-Afrika gesoleer van die res van die wreld. Weens dit, het ons nie geleer hoe belangrik omgewingsake in ander lande is nie.


Die nuwe regering is besig om nuwe beleid te formuleer wat poog om alle Suid-Afrikaners van werksgeleenthede, voedsel, huise en skoon water te voorsien. Dit is belangrik om toe te sien dat al hierdie beleidsrigtings ook ons natuurlike bronne in ag neem. Ons moet ons omgewing beskerm sodat die HOP behoorlik kan funksioneer vir 'n lang tydperk. Figuur 2 dui aan waarom die beskerming van die omgewing so belangrik vir die HOP is.

Gemeenskapsorganisasies en nie-regerings instansies moet met die regering meewerk om ons omgewing te beskerm terwyl huise gebou, werk geskep en mense van elektrisiteit en water voorsien word.

Die tussentydse Grondwet gee alle Suid-Afrikaners die reg op 'n omgewing wat nie hul gesondheid benadeel nie. Dit gee ook aan alle Suid-Afrikaners die reg op enige inligting, tot die regering se beskikking, wat hulle regte aantas. Dit beteken dat alle Suid-Afrikaners nou die Grondwet kan gebruik om te verseker dat hulle 'n skoon en gesonde omgewing het tuis, sowel as by die werk. Dit beteken ook dat gemeenskappe aan die bestuur van hulle eie omgewing en natuurlike bronne kan deelneem. Die nuwe Grondwet behoort ook te stipuleer dat mense die plig het om hulle omgewing te versorg.

FIGUUR 1: Volgehoue Ontwikkeling:

In 1987 het die 'Commission on Environment and Development" 'n verslag oor volgehoue ontwikkeling vrygestel. Volgehoue ontwikkeling beteken om in die huidige tydvak aan die behoeftes van die mense te voldoen, maar sonder om die omgewing s te beskadig dat toekomstige geslagte nie aan hulle eie behoeftes kan voldoen nie. Ekonomiese groei is nodig om die lewensgehalte van elkeen te verbeter, veral arm mense. Maar volgehoue ontwikkeling beteken daar moet besluit word op watter wyse daardie groei plaasvind. Dit moet nie die omgewing beskadig nie. En dit moet tot elkeen se voordeel strek, veral di van arm mense.

Daar is 'n vraag wat steeds onbeantwoord bly: hoe lank kan ekonomiese groei voortgaan voordat die omgewing te erg beskadig is en die eko-stelsels vernietig is? 'n Ander probleem is dat volgehoue ontwikkeling ons nie help om die ryk lande te verhoed om te veel bronne te gebruik nie.

FIGUUR 2: HOP doelwitte wat natuurlike bronne en goeie omgewingsbestuur vereis:

DIE VOORSIENING VAN BASIESE BEHOEFTES

Behuising: Om grond te vind om vir almal huise te bou

Water: Om skoon water en toilette aan elkeen te voorsien

Energie: Om swart woongebiede van elektrisiteit te voorsien

Vervoer: Die voorsiening van goedkoop openbare vervoer

Natuurlike bronne: Die regverdige verdeling van bronne soos grond, water, vis, ens.

Omgewing: Veilige en gesonde leef- en werksomgewings

Voeding: Om genoeg voedsel vir elke Suid-Afrikaner te voorsien

OPBOU VAN DIE EKONOMIE

* Werkskepping en verbetering van lone

* Verkoop van ons produkte in ander lande

* Om nywerhede te begin wat plaaslike bronne gebruik en plaaslike behoeftes bevredig

* Om grond aan kleinboere te gee
* Om aan meer mense landbougrond te gee
* Om kleinboere te help om voedsel vir die land te produseer
* Om meer werksgeleenthede op plase te skep
* Om te verseker dat elkeen 'n huis, water, voedsel en 'n werk het

* Om nywerhede aan te moedig om uit te brei en na gebiede te verskuif waar daar nie baie werksgeleenthede is nie.

* Om kleinskaal-mynbou en klein besighede aan te moedig

* Om arm gemeenskappe toe te laat om vis te vang in hul eie omgewing
* Om vis-boerdery in damme aan te moedig
* Om te sorg dat regeringsplantasies beter bestuur word

* Die aanmoediging van toerisme en om te verseker dat die plaasiike mense daaruit voordeel trek.

Al die items wat in Figuur 2 op bladsy 9 gelys is sal van natuurlike bronne gebruik maak, veral grond, water en energie. Elkeen sal ook afval produseer wat met omsigtigheid hanteer moet word. Ons het alreeds probleme met lug- en waterbesoedeling en die probleem om van nywerhede se gevaarlike afvalstowwe ontslae te raak.


Die HOP dokument en die ANC se "Gereed om te Regeer" dokument verwys albei na omgewingsake. Maar ons moet verder gaan as dit. Ons moet seker maak dat nuwe nywerhede skoon prosesse gebruik. Ons moet die besoedeling wat deur myne en fabrieke veroorsaak word, opruim. En ons moet ons natuurlike bronne regverdig verdeel tussen al die mense.


'n Nuwe nasionale omgewingsbestuurstelsel behoort uit vier dele te bestaan:


* 'n Nasionale benadering sodat die provinsies wat goeie natuurlike bronne het nie ryk word terwyl die ander arm bly nie.

* Besluite oor die omgewing moet op plaaslike vlak geneem word. Maar di besluite moet in ooreenstemming met die nasionale benadering wees.

* Die burgerlike samelewing moet in staat gestel word om aan besluitneming deel te neem aangaande omgewingsake.

* Omgewingsake moet in ag geneem word wanneer besluit word waarvoor grond gebruik moet word.

FIGUUR 3: Omgewingsbeleid behoort:

1. Te verseker dat ontwikkeling nie die omgewing beskadig nie; en toe te sien dat eko-stelsels wat ons nodig het om te leef, beskerm word

2. Seker te maak dat ons ons natuurlike bronne as geheel beskerm en nie stuksgewys nie

3. Seker te maak dat arm mense werk en geld verdien

4. Te verseker dat natuurlike bronne regverdig tussen al die mense verdeel word

5. Te verseker dat elkeen die reg het op 'n omgewing, wat nie hulle gesondheid benadeel nie

6. Te verseker dat daar minder konflik is oor wie natuurlike bronne, soos grond en water, kan gebruik

7. Werk te skep

8. Te verseker dat ons ons produkte suksesvol kan verkoop, dwarsoor die wreld

9. Te verseker dat nywerhede van ander lande fabrieke in Suid-Afrika oprig

10. Die burgerlike samelewing betrokke raak.

---------------------------------------------------------------------

Back to Table of Contents


